Sunday, 15 March 2015



Hoe sou u 'n pedagoog vs 'n onderwyser vs 'n kurrikulum-tegnikus oplei?


Ek sien ʼn pedagoog, ʼn onderwyser en ʼn kurrikulum- tegnikus as dieselfde identiteit. Ek dink dit oorvleuel heeltemal met mekaar. Hoe sal ek ʼn onderwyser oplei. Studente (Onderwysers) moet inskryf vir ʼn onderwys graad. Dit sal vier jaar lank neem om die graad te voltooi. In die graad sal daar vakke wees soos: onderwys filosofie, rekenaar gebruik, onderwysreg, Afrikaans en Engels, kurrikulumstudies en dan die studente se keuse vakke soos Wiskunde, Geografie, ens. In die opleiding proses is dit belangrik dat die studente hulle vak gebied teorie baie goed moet ken. Ek sal ook ʼn vak aanbied wat mense se menslike verhouding vaardighede opskerp. Die belangrikste 2 aspekte van onderwys is dat die onderwyser sy vakgebied teorie baie goed moet ken en goeie verhouding vaardighede moet hê.

Tuesday, 3 March 2015

Wat is koffie?



Wat is Koffie?

Ek het nog altyd gewonder wat is koffie? Waarom is koffie so bekend onder mense? Koffie is ʼn drankie wat gemaak is van geroosterde sade (Koffiebone)  van ʼn tropiese stuik. Die meeste mense drink koffie omdat die smaak iets besonders is. Baie mense drink koffie vir die kafeïen, sodat hulle kan wakker bly in die klas. Koffie is ook geassosieer met ʼn sosiale gebeurtenis, want ‘n mens praat die lekkerste met ʼn koffie in die hand!

Wat is van die verskillende benaderings tot Digitale Pedagogie?



Wat is van die verskillende benaderings tot Digitale Pedagogie?

Ek hou baie van Michael Fullan  se nuwe benadering tot Digitale Pedagogie.  Hy glo aan die “Flipped classroom” Dit is waar die leerders gebruik maak van tegnologie om by mekaar te leer. Die tradisionele manier van skool gee is waar die onderwyser net voor die klas staan en alle kennis vir die leerders deurgee. Die “flipped classroom” benadering sal die kinders meer deel maak in onderrig. Wat ook besonders is van hierdie benadering is dat leerders kan oor ʼn sekere tema navorsing doen by die huis en sekere video’s kyk volgens die tema. Nadat hulle dit gedoen het kan daar gepraat word oor die video’s in die klas. Die leerders kan dan ook met mekaar praat. Leer sal op so manier bevorder word.

(Verwysing: Fullan,M.(2014 Januarie 20). Michael Fullan: Technology, the new pedagogy and flipped teaching [Video file] https://www.youtube.com/watch?v=GCvwtiOH0co)

Wat is Digitale pedagogie?



Wat is Digitale pedagogie?

In die 21 Eeu van die skool konteks is digitale pedagogie noodbelangrik. Wat is dit? Dit is wanneer die skool tegnologie gebruik word om kinders onderrig te gee.  Digitale pedagogie is die toekoms van onderrig. Digitale pedagogie het baie voordele soos byvoorbeeld: Dit maak die werk meer interessant vir die leerders, dit is meer stimulerend,  die werk word kreatief oorgedra, dit stimuleer kritiese denke, dit vermeerder leer, ens. Tegnologie sal leerders se vaardighede verhoog soos samewerking, kommunikasie, kreatiwiteit, ens.