Hoe sou u 'n pedagoog vs 'n onderwyser vs 'n kurrikulum-tegnikus
oplei?
Ek sien ʼn pedagoog, ʼn onderwyser en ʼn
kurrikulum- tegnikus as dieselfde identiteit. Ek dink dit oorvleuel heeltemal
met mekaar. Hoe sal ek ʼn onderwyser oplei. Studente (Onderwysers) moet inskryf vir ʼn onderwys
graad. Dit sal vier jaar lank neem om die graad te voltooi. In die graad sal
daar vakke wees soos: onderwys filosofie, rekenaar gebruik, onderwysreg, Afrikaans
en Engels, kurrikulumstudies en dan die studente se keuse vakke soos Wiskunde,
Geografie, ens. In die opleiding proses is dit belangrik dat die studente hulle
vak gebied teorie baie goed moet ken. Ek sal ook ʼn vak aanbied wat mense se
menslike verhouding vaardighede opskerp. Die belangrikste 2 aspekte van
onderwys is dat die onderwyser sy vakgebied teorie baie goed moet ken en goeie
verhouding vaardighede moet hê.
No comments:
Post a Comment